Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LOWCARB SJOKOLADE SOUS

By ©️ Leanda C. Retief
LOWCARB SJOKOLADE SOUS picture

Hierdie is 'n baie veelsydige Sjokoladesous en verspot maklik om te maak - gooi dit oor sjokolade poeding, roomys, kaaskoek, wafels en plaatkoekies.

15 ml kakao, onversoet
7,5 ml klapper olie
15 ml water
2,5 ml xylitol, of versoeter na smaak

Meng alles saam in 'n groot koppie en mikrogolf vir 30 sekondes op hoog tot gesmelt en goed gemeng.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 2.5g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp