Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb SJOKOLADESPLINTER PAASBOLLETJIES

By ©️ Leanda C. Retief
LowCarb SJOKOLADESPLINTER PAASBOLLETJIES picture

60 g klapper meel
30 g psyllium husk
5 ml bakpoeier
30 ml xylitol, of versoeter na smaak
2,5 ml sout
2,5 ml fyn gemengde speserye
2,5 ml fyn kaneel
2,5 ml fyn naeltjies
4 eiers
250 ml warm water
50 g suikervrye sjokolade, fyn gekap

Meng die klapper meel, psyllium, bakpoeier, versoeter, sout en geurmiddels saam in ‘n mengbak. Voeg die eiers by die water en klits goed. Meng dit by die droë bestanddele in en meng goed. Vou die sjokolade by die deeg in, indien gebruik. Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke en vorm in rolletjies. Plaas op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Bak teen 180°C vir 20-30 minute, of tot goudbruin aan die buitekant en gaar binne. Maak ‘n stywe pasta van xylitol-versiersuiker en water en skep dit in ‘n versierspuit. Spuit ‘n kruis oor elke rolletjie.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.2g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp