Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb SKONS

By ©️ Leanda C. Retief
LowCarb SKONS picture

60 ml volroom melk
5 ml suurlemoen sap
2 eiers
30 ml xylitol, of versoeter na smaak
300 g amandel meel
7,5 ml koeksoda
7,5 ml bakpoeier
2,5 ml sout

Voorverhit die oond tot 180°C. Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit. Roer die melk en suurlemoen sap saam en laat eenkant staan vir 5 minute. Voeg die eiers en versoeter by en roer tot goed gemeng. Meng die amandelmeel, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak. Gooi die melkmengsel hierby en meng tot ‘n stywe deeg. Skep 6 groot lepelsvol van die deeg uit op die bakplaat. Bak vir 15-20 minute, of tot die skons ferm en goudbruin is.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.0g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp