Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LOWCARB SPAGHETTI BOLOGNAISE

By ©️ Leanda C. Retief
LOWCARB SPAGHETTI BOLOGNAISE picture

'n Goeie Bolognaise-Sous is noodsaaklik in enige kombuis - nie net in 'n LowCarbers s'n nie. Hierdie resep is redelik maklik, laag in koolhidrate en is nie net beperk om op Kamma Spaghetti te geniet nie. Dis ook heerlik in pannekoeke en wraps, of vul skorsies, tamaties of soetrissies daarmee. Die sous vries baie goed.

15 ml olie
300 g bees maalvleis
250 g knopie sampioene, gekerf
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
400g-blikkie gekapte tamaties
15 ml Worcestersous
sout en peper na smaak
30 g parmessaan kaas, gerasper

Verhit die olie in 'n groot braaipan. Braai die uie daarin tot deurskynend en sag. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Skep uit en hou eenkant. Braai die vleis en knoffel saam tot die vleis gaar is en skep die sampioene terug in die pan. Maak die tamaties nog fyner (indien verkies) en gooi dit by die mengsel. Voeg die Worcestersous by en geur na smaak. (Indien te suur, kan jy bietjie xylitol/versoeter na smaak byvoeg.) Bedek en laat prut saggies vir ongeveer 30-45 minute tot die sous lekker rooi en geurig is. Roer die parmessaan by.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.6g

Sluit aan by ons Gratis Whatsappgroepie:
https://chat.whatsapp.com/LQ7K6kFlB2zGL5QnKR5uUx

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp