Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb TIRAMISU

By Leanda Retief
LowCarb TIRAMISU picture

Hierdie tiramisu bestaan uit koeklae wat van amandelmeel gebak word, ‘n heerlike koffie-gegeurde vla. Die Resep het die eerste keer in 2017 op Die LowCarb Kombuis verskyn - en was 'n wenner by jonk en oud! Bietjie meer moeite, maar dit is dubbel die moeite werd.

Koek:
60 g amandel meel
2,5 ml bakpoeier
knippie sout
3 eiers
30 ml xylitol/erythritol
2 ml vanilla geursel
knippie kremetart

Smeer/spuit ‘n 27x17cm-broodpan en voer dit met bakpapier uit en smeer weer. Voorverhit die oond tot 180°C. Meng die amandel meel, bakpoeier en sout in ‘n mengbak. Skei die eiers. Klits die eier gele saam met die versoeter tot liggeel en dik. Klits die vanilla en kremetart hierby in. Vou nou die meelmengsel by die eiergele in. Klits die eier witte tot stywe punte vorm. Vou die witte by die beslag in. Skep die beslag in die pan uit, maak gelyk met die agterkant van ‘n lepel en bak teen 180°C vir 15-20 minute. Laat afkoel en keer uit.

Vlamengsel:
6 eier gele
30 ml xylitol/erythritol
250 g marscapone kaas
430 ml room
60 ml sterk koffie of espresso
30 ml whiskey

Klits die eier gele en versoeter saam in ‘n glasbakkie tot dik en lig. Plaas die bak op ‘n kastrol met vinnig-kokende water (die water moet nie aan die bak se bodem raak nie) en roerkook die mengsel vir 8-10 minute. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Klits die marscapone kaas hierby in. Klits die room tot styf en vou dit by die mengsel in. Sit nou die Tiramisu aan mekaar: Sny die amandelkoek in 16 ewe groot vingers. Meng die koffie en whiskey in ‘n maatbeker. Spinkel die bodem van ‘n klein broodpannetjie liggies met kakao en pak die helfte van die koek (dws 8 stukkies) daarin. Verf so twee of drie lae van die koffiemengsel oor die koek – maar dit moenie te nat wees nie. Skep die helfte van die kaasmengsel oor die koek en sif bietjie kakao poeier bo-oor. Herhaal die lae en sprinkel ‘n laag kakao bo-oor vir versiering.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp