Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb UITPAKSLAAI

By Leanda Retief
LowCarb UITPAKSLAAI picture

Sien hoe ongelooflik lekker lyk hierdie verspot-eenvoudige slaai - net omdat dit anders voorgesit word as normaalweg? Ek sê altyd "Speel gerus met jou kos"; dit hou jou bord opwindend en lekker!

50 g blaarslaai
100 g avokado, in repe gesny
100 g gaar hoender, in repies gesny
50 g spek stukkies, gaargemaak
1 eier, gaar gekook en afgedop
45 ml mayonnaise

Was en droog die blaarslaai, en sny dit in repe. Plaas dit onder in 'n slaaibord. Rangskik die avokado bo-op, dan die hoender en dan die spek. Sny die eier in vier stukke en voeg dit by. Bedien dadelik met die mayonnaise, indien verkies.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 4.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp