100 g lynsaad meel
100 g amandel meel
150 g xylitol, of versoeter na smaak
10 ml kaneel
5 ml sout
5 ml koeksoda
2,5 ml bakpoeier
250 ml olie
4 eiers
10 ml vanilla geursel
75 g fyngerasperde wortel
Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas muffindoppies in 12 silikon muffinkoppies, of smeer/spuit die muffinkoppies deeglik. Meng die lynsaad meel, amandel meel, xylitol, kaneel, sout, koeksoda en bakpoeier saam. Klits die olie, eiers en vanilla in ‘n glasbeker. Meng die oliemengsel by die droë bestanddele in. Vou die wortel hierby in. Verdeel die mengsel tussen die muffinkoppies en bak vir 20-25 minute tot die muffins goudbruin en gaar is. Laat op ‘n draadrakkie afkoel.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.3g