180 g amandel meel
75 g psyllium husk poeier
10 ml bakpoeier
5 ml sout
37,5 ml asyn
3 eier witte
250 ml kookwater
Voer die airfryer se mandjie/bakplaat met ‘n stuk bakpapier uit en spuit dit met bietjie olie. Meng die amandel meel, psyllium husk, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak. Klits die asyn en eierwitte vinnig saam en roer dit by die meelmengsel in. Voeg die kookwater by en meng tot ‘n stywerige deeg vorm. Laat die deeg vir 5 minute rus. Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke. Vorm elke stuk deeg in ‘n rolletjie en pak in die airfryer. Spuit met bietjie olie, indien verkies en sprinkel bietjie sesame saad bo-oor . Airfry teen 160ºC vir 10-15 minute - of tot die rolletjies opgepof en deurgaar is. Laat effens afkoel voor opdiening.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.2g
💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79