Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LUGBRAAIER GRIEKSE FRIKKADELLE

By Leanda Retief
LUGBRAAIER GRIEKSE FRIKKADELLE picture

250 g bees maalvleis
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
50 g feta, gekrummel
30 g swart olywe, fyn gekap
10 ml suurlemoen skil, fyn gerasper
15 ml droë origanum

Meng al die bestanddele goed saam in ‘n mengbak. Vorm 6 frikkadelle uit die mengsel en pak dit in die airfryer. Airfry teen 200°C vir 10 minute of tot gaar, draai eenkeer tydens die gaarmaaktyd om. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.3g

Uit: Die AirFryer vir LowCarbers Volume 1 (Leanda C Retief)
 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp