500 g maalvleis (bees en/of vark)
5 ml droë dille
2,5 ml fyn koljander
30 ml amandel meel
3 knoffelhuisies, fyngemaak
5 ml sout
2,5 ml paprika
90 g spinasie
1 eier
45 g botter
50 g cheddar, gerasper
Plaas die maalvleis in ‘n mengbak en roer die dille, koljander, amandel meel, knoffel, sout en paprika daarby in. Kap die spinasie baie fyn (verkieslik met ‘n voedselverwerker) en voeg dit by. Voeg die eier by en meng tot ‘n stywe, hanteerbare mengsel. Druk die mengsel platter op ‘n broodplank en rasper die botter oor die middel van die vleis. Vorm die vleis in ‘n rol (gebruik jou hande hiervoor). Spuit die lugbraaier se mandjie met olyf olie en verhit tot 180°C. Plaas die vleis in die mandjie en braai vir 25 minute, sprinkel die kaas oor en braai vir 'n verdere 5 minute of tot gaar. Laat die vleisbrood effens afkoel voor dit gesny word.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.4g