LowCarb-brood kan baie duur wees om te bak of aan te koop, maar hierdie broodjie gebruik lynsaadmeel - wat aansienlik goedkoper is as die ander mele wat gewoonlik vir LowCarb-brood gebruik word. Soos meeste LowCarb-broodjies, smaak hierdie een op sy beste varsgebak en gerooster.
250 g lynsaad meel
5 eiers, geskei
75 ml klapper olie, gesmelt
5 ml bakpoeier
5 ml sout
125 ml water
30 ml appel asyn
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer/spuit 'n medium broodpan deeglik. Klits die eierwitte tot styf. Meng die lynsaad, bakpoeier, sout en olie saam in 'n mengbak. Klits die eiergele, water en asyn saam. Meng die watermengsel by die droë bestanddele in en roer deeglik deur. Vou die eierwitte hierby in en skep die deeg in die broodpannetjie uit. Bak vir 30 minute tot goudbruin en ferm.
12 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.1 g