Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LYNSAAD KITSBROODJIE

By ©️ Leanda C. Retief
LYNSAAD KITSBROODJIE picture

60 ml (4 E) lynsaad meel
5 ml bakpoeier
knippie sout
30 ml (2 E) volroom melk
1 eier

Plaas al die bestanddele in ‘n mengbakkie en meng goed deur met ‘n draadklitser. Skep die deeg uit in ‘n gesmeerde ramekin of vierkantige plastiekbakkie, of groot koffiebeker. Mikrogolf op hoog vir ongeveer 60-90 sekondes, of tot die broodjie gaar is. Keer uit, laat heeltemal afkoel en sny in snytjies/rooster voor opdiening.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 2.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp