Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LYNSAAD KRAAKBESKUITJIES

By ©️ Leanda C. Retief
LYNSAAD KRAAKBESKUITJIES picture

Hierdie kraakbeskuitjies is een van daardie interessante LowCarb-resepte wat soveel vessel bevat, dat dit nie enige Net Carbs bevat nie. Vir alle praktiese doeleindes kan jy dus soveel van hierdie beskuitjies eet soos wat jy wil. Maar soos altyd met beskuitjies wat soveel vesel bevat, sorg dat jy genoeg water drink wanneer jy dit eet.

120 g lynsaad meel
35 g parmessaan kaas, gerasper
2,5 ml knoffelsout
125 ml water

Voorverhit die oond tot 180°C. Meng al die bestanddele goed saam. Voer ‘n rolkoekpan met bakpapier uit en spuit dit liggies met kleefwerende sproei. Skep die mengsel bo-op die bakpapier en plaas ‘n stuk bakpapier bo-op. Rol die mengsel met ‘n koekroller plat tussen die twee stukke papier (jy kan dit ook gelyk skraap met ‘n liniaal). Verwyder die boonste stuk papier versigtig en bak vir 20 minute. Verwyder die bakpapier en sny dit in blokkies en laat heeltemal afkoel – dit raak bros soos dit afkoel.
Hele Resep * Total Carbs 2.9g * Total Fibre 48.9g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp