Lynsaad is ‘n wonderlike manier om vesel en omega-vetsure in jou dieet te kry – dus is hierdie plaatkoekies lekker en gesond, en omdat dit lynsaad is, baie bekostigbaar!
120 g goue lynsaad meel
versoeter na smaak
15 ml klapper meel
5 ml bakpoeier
2,5 ml fyn kaneel
knippie sout
4 groot eiers
60 ml olie
125 ml volroom melk
botter of olie om die plaatkoekies in gaar te maak
Meng die lynsaad meel, klapper meel, bakpoeier, kaneel en sout saam in ‘n groot mengbak. Meng die eiers, olie en melk saam tot goed gemeng. Roer die by die meelmengsel. Vou die okkerneute hierby in. Verhit ‘n groot kleefvrye pan oor medium hitte. Gooi bietjie olie in die pan en verhit. Gooi 60ml (kwart koppie) van
die beslag in die pan en sprei effens uit. Braai die koekies tot die onderkant goudbruin is en die bokant geset om die randte. Draai dit versigtig om en braai tot die ander kant ook goudbruin is.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.7g