Hierdie is 'n vinnige alles-in-een kasserol vir daardie haastige dae.
30 ml olie
75 g uie, gekap
1 knoffelhuisie, fyngemaak
500 g bees maalvleis
250 g sampioene, gekerf
2 x 410g blikkies groenboontjies, goed gedreineer
60 ml mayonnaise
200 g cheddar, gerasper
2,5 ml sout
2,5 ml peper
Verhit die olie in 'n braaipan en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die knoffelhuisie by en braai vir 5 minute. Voeg die vleis by en braai tot gaar en bruin. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg die groenboontjies, mayonnaise, helfte van die kaas en sout en peper by en meng goed. Skep uit in 'n gesmeerde oondvaste bak en sprinkel die res van die kaas bo-oor. Bak vir 40 minute teen 180ºC. Bedien warm.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 7.4g