Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

MAALVLEIS TERTJIES

By Leanda Retief
MAALVLEIS TERTJIES picture

250 g bees maalvleis
8 eiers
125 ml room
50 g cheddar, gerasper
50 g sampioene, fyn gekap
50 g soetrissies, fyn gekap
sout en peper na smaak

Braai die maalvleis in bietjie olie tot gaar. Skep die maalvleis uit in 'n mengbak en meng die eiers, room, kaas, sampioene en soetrissies daarby in. Geur na smaak. Smeer/spuit 12 silikon muffinkoppies plaas op 'n bakplaat. Verdeel die mengsel tussen die koppies. Bak vir 30 minute teen 180°C tot gaar en gestol.
12 Porsies * Per Porsie * 402kJ * Net Carbs 0.4g

Sluit aan by ons Gratis Whatsapp-Groepie:
https://chat.whatsapp.com/LQ7K6kFlB2zGL5QnKR5uUx

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp