Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

MAKLIKE GEBAKTE EIERS

By ©️ Leanda C. Retief
MAKLIKE GEBAKTE EIERS picture

Hierdie resep is een van die redes waarom ek so entoesiasties oor die Lugbraaier/AirFryer is - sit jou eiers in 'n ramekinbakkie in die lugbraaier, pak jou spek op die rakkie langsaan, skakel aan en in 'n paar minute is jou ontbyt gereed en perfek! (Jy kan ook enige iets van tamatie, sampioene tot spinasie by die eiers inmeng en bak - onthou net om die Net Carbs te tel!)

15 g botter
2 eiers
30 ml room
30 g parmessaan, gerasper (of cheddar/mozzarella)
sout en varsgemaalde swart peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180°C. Smelt die botter in die mikrogolf en verf die binnekant van ‘n klein oondvaste glasbak daarmee. Klits die eiers en room liggies saam met ‘n draadklitser en geur na smaak. Gooi dit in die bak uit. Sprinkel die parmesaan bo-oor. Bak vir 10 minute of tot die eiers gestol is.
1 Porsie * Net Carbs 1.3 g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp