Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

MEDITERREENSE FRIKKADELLE

By Leanda Retief
MEDITERREENSE FRIKKADELLE picture

500 g bees maalvleis
30 g swart olywe, fyn gekap
4 knoffelhuisies, fyngemaak
30 g uie, fyn gerasper
15 g vars pietersielie, fyn gekap
5 ml sout
15 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
2,5 ml fyn kaneel
2,5 ml gemengde speserye ("allspice")
1 ml rooipeper
1 ml fyn gemmer
1 ml varsgemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele saam in 'n groot mengbak. Vorm 25 frikkadelletjies uit die mengsel en pak dit op 'n bakplaat. Bak op die middelste rak van die oond teen 180°C vir ongeveer 20 minute - of tot die frikkadelletjies nie meer pienk in die middel is nie.
20 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.3g

Leanda se Lugbraaier Wenk:
Pak die frikkadelletjies in 'n enkellaag in die lugbraaier se mandjie en lugbraai op 200°C vir ongeveer 5 minute aan elke kant, of tot gaar.

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp