Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

MEKSIKAANSE MURGPAMPOENTJIES

By ©️ Leanda C. Retief
MEKSIKAANSE MURGPAMPOENTJIES picture

500 g murgpamoentjies
2,5 ml rissie vlokkies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml knoffelpoeier
15 ml olyf olie
100 g feta, gekrummel

Sny die murgpampoentjies in blokkies en gooi dit in 'n ziploc-sakkie. Gooi die rissie vlokkies, sout en peper, knoffelpoeier en olyf olie daarby. Meng dit goed deur. Pak die murgpampoentjies in die lugbraaier se mandjie. Stel die lugbraaier op 200°C en bak vir 10 minute. Skud die mandjie 'n paar keer, braai vir 'n verdere 10 minute, of tot die murgpampoentjies sag is. Sprinkel die feta voor opdiening oor. Bedien warm.
4 Porsies * Net Carbs 3.5g per Porsie

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp