Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

MEKSIKAANSE ROEREIERS

By ©️ Leanda C. Retief
MEKSIKAANSE ROEREIERS picture

25 g botter

100 g ui, fyn gekap

100 g groen/rooi soetrissie, gekap

200 g tamatie, fyngekap

4 eiers, geklits

1 ml rooi peper, of na smaak

sout en peper na smaak

50 g feta, gekrummel

 

Verhit die botter in ‘n pan. Braai die uie en groenrissies tot sag. Voeg die tamaties by en braai vir 5 minute. Klits die eiers, rooipeper en sout en peper saam en gooi dit by. Roer tot die eiers gaar is. Sprinkel die feta oor. Bedien warm.

4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.2g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp