Oor die algemeen is ek nie 'n voorstaander van wortels op 'n LowCarb Dieet nie (wortels is baie hoog in koolhidrate), maar wanneer dit in beperkte hoeveelhede in sommige geregte is, is dit wel toelaatbaar. Nieteenstaande die hoeveelheid groente in hierdie sop, is die koolhidraat-inhoud daarvan nog steeds baie laag.
30 ml olie
100 g ui, in ringe gesny
3 knoffelhuisies, fyngemaak
100 g wortels
100 g murgpampoentjies
50 g seldery
300 g baba spinasie
25 g vars pietersielie, fyngekap
400 g-blik gekapte tamaties
1 liter hoenderaftreksel
30 ml braaivleis speserye
15 ml paprika
sout en peper na smaak
Gooi die olie in 'n kastrol en braai die uie daarin tot gaar. Voeg die knoffel by. Berei die groente: Skil die wortels, sny dit in die helfte deur, dan weer in die helte en kap elke kwart in klein stukkies op. Doen dieselfde met die murgpampoentjies. Sny die seldery in ringetjies. Kerf die spinasie in dun repies. Gooi die gekapte tamaties, groente, pietersielie en aftreksel by die uie en roer tot gemeng. Kook oor lae hitte tot die groente gaar is. Geur met braaivleis speserye, paprika, sout en peper na smaak.
10 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.6g