Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

MINI KLAPPERMEEL PANNEKOEKIES

By ©️ Leanda C. Retief
MINI KLAPPERMEEL PANNEKOEKIES picture

Mini pannekoekies is altyd ‘n treffer op ‘n teepartytjie. Dit is maklik om te maak en baie veelsydig – vul dit met ‘n sout vulsel of nog beter, ietsie soets: sjokolade-room, peppermint crisp, melktert, room en bessies. Vou die pannekoekies in driehoekies met die vulsel binne-in, of rol dit op (steek dit met ‘n tandestokkie vas, indien nodig).

250 ml volroom melk
5 eiers
30 g klappermeel
45 ml klapper olie
5 ml vanilla geursel
2,5 ml fyn kaneel, opsioneel
knippie sout

Klits die melk, eiers en vanilla in ‘n maatbeker. Meng die klappermeel, kaneel en sout saam in ‘n mengbak. Voeg die melk-mengsel hierby, gevolg deur die klapper olie. Meng tot ‘n gladde beslag. Laat die beslag vir 15 minute staan. Verhit ‘n kleefvrye pan en smelt ‘n bietjie botter of klapperolie daarin. Skep ‘n groot eetlepel van die beslag uit in die pan en sprei dit effens uit. Bak tot die pannekoek geset is aan die onderkant en die randte begin verkleur, draai dan versigtig om en braai aan die ander kant tot goudbruin.
16 Porsies * Per Porsie * 1268kJ * Total Fat 23g * Protein 20g * Total Carbs 3.4g * Net Carbs 2.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp