Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

MOSTERD HOENDER

By ©️ Leanda C. Retief
MOSTERD HOENDER picture

6 hoender dye, met vel aan
20 ml olie
60 ml Dijon-mosterd
60 ml room
30 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
5 ml borrie
5 ml mosterd saad, opsioneel
2-3 vars roosmaryn takkies

Pak die hoenderdye langs mekaar in ‘n oondvaste bak. Geur na smaak met sout, peper en hoender speserye. Meng die olie, mosterd, room, versoeter, borrie en mosterd saad saam en gooi dit oor die hoender. Druk die roosmaryn takkies tussen die hoender in. Bak onbedek teen 180°C vir ongeveer 45 minute.
Per 200g Porsie * Net Carbs 0.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp