2 eiers
5 ml mosterd poeier
2.5 ml droë origanum
15 ml warm water
30 ml suur room
25 g botter
sout en peper na smaak
Meng die eiers, mosterd, origanum, water en suur room saam in ‘n mengbakkie en klits met ‘n draadklitser. Verhit die botter in ‘n braaipan oor medium hitte en gooi die eiers daarin. Kook tot die eiers gaar is. Geur na smaak met sout en peper en bedien dadelik.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 1.4g