Hierdie slaai mag dalk eenvoudig klink, maar dit is heerlik en perfek saam met 'n braai op 'n warm somersdag. Jy kan ook brosgebraaide spekstukkies byvoeg, indien jy wil.
250 g klein murgpampoentjies
30 ml suurlemoen sap
2,5 ml sout
60 ml olyf olie
200 g feta, gekrummel
100 g pekanneute, fyn gekap
varsgekapte pietersielie na smaak
Sny die murgpampoentjies in baie dun repies met 'n aartappelskiller. Pak dit in 'n groot bord. Sprinkel die suurlemoen sap en sout bo-oor, roer liggies deur. Laat die murgpampoentjies so staan vir ten minste twee ure. Skep uit in 'n slaaibak, gooi die olyf olie oor en geur na smaak met varsgemaalde swartpeper. Sprinkel die feta en pekanneute bo-oor, en 'n bietjie varsgekapte pietersielie, indien verkies. Verkoel voor opdiening.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.6g
Vir nog heerlike LowCarb Resepte, sluit by die LowCarb Kombuis Whatsapp-groepie aan:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79