‘n Frittata is ‘n gereg wat halfpad op die stoof en halfpad in die oond gemaak word, dus maak seker dat jy ‘n pan gebruik wat wel in die oond kan gaan. (Jy kan die frittata ook in ‘n glasbak uitskep voordat dit oond toe gaan, as jy nie 'n geskikte pan het nie.)
250 g spek, in stukkies gesny
50 g uie
250 g spinasie
8 eiers
60 ml room
60 ml water
100 g cheddar, gerasper
Voorverhit die oond tot 180°C. Braai die spek tot bros en skep uit. Braai die ui en spinasie in die spek se vet en gooi ‘n klein bietjie water in die pan. Sit die deksel op en stoom tot die spinasie sag is. Sny die spinasie fyner. Voeg die spek bly. Klits die eiers, water en room saam en gooi dit oor die spekmengsel. Kook tot die eiers net begin set, haal van die hitte af, geur en strooi die kaas bo-oor. Plaas in die oond vir ongeveer 15 minute tot die eiers heeltemal gaar en die kaas gesmelt is.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.8g