500 g bees en/of maalvleis
1 knoffelhuisie, fyngemaak
10 ml droë pietersielie
2,5 ml paprika
rooipeper na smaak, opsioneel
sout en peper na smaak
5 eiers
Meng die maalvleis en speserye goed saam. Bind die mengsel met 1 eier. Vorm 4 koekies (patties) uit die maalvleis. Verhit olie tot baie warm in ‘n braaipan en braai die patties tot gaar en goudbruin. Verwyder die patties uit die olie en hou eenkant warm. Skep die meeste van die olie uit die pan sodat daar net ‘n dun lagie onder in die pan oorbly. Bak die oorblywende 4 eiers in die olie tot gaar. Bedien elke pattie met ‘n eier bo-op.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.4g