Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

ONTBYT SKOTTEL

ONTBYT SKOTTEL picture

100 g gerysde blomkool, gaar
30 g botter
75 g bees maalvleis
2 eiers
30 ml room

Geur die blomkool met braaivleis speserye, peper en pietersielie na smaak. Plaas dit in ‘n plastiekbak en plaas in die mikrogolf. Smelt die botter in ‘n pan, braai die maalvleis daarin tot gaar. Geur na smaak. Skep uit en hou eenkant. Klits die eiers saam met die room, en roer dit in dieselfde pan tot gaar. Geur na smaak. Verhit die blomkool, en dien dadelik op met die maalveis en eiers.
1 Porsie * Per Porsie * Net Carbs 5.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp