Heerlike alternatief vir onbyt - of tussen-in happie. dit kan selfs ingepak word kantoor toe.
1 eier, hardgekook en afgedop
30 g avokado
60 ml botter
15 ml mayonnaise
30 g klapper olie
100 g spek, gaargemaak
Plaas die eier, avokado, botter, mayonnaise en klapper olie in ‘n voedselverwerker en verwerk tot glad. Kap die spek fyn en voeg die helfte van die spek by die mengsel, meng deur. Geur na smaak. Plaas die mengsel in die yskas vir 30 minute, of tot effens geset. Rol balletjies uit die mengsel en rol elke balletjie in die oorblywende spekstukkies. Bedien dadelik of stoor in die yskas in ‘n lugdigte houer tot gebruik.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.9g
Sluit aan by ons Gratis Whatsapp-Groepie:
https://chat.whatsapp.com/LQ7K6kFlB2zGL5QnKR5uUx