40 g botter
150 g uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
350 g portobello sampioene, dun gekerf
250 g knopie sampioene, dun gekerf
5 ml droë tiemie
45 ml droë wit wyn
125 ml hoender aftreksel
500 g Kamma Rys, voorberei (gerysde blomkool)
25 g parmesaan, gerasper
Voorverhit die oond tot 180°C. Smelt die botter in 'n braaipan en soteer die uie en knoffel vir 3 minute. Voeg die sampioene by en soteer vir 4 minute. Voeg die tiemie, wyn en aftreksel by. Roer die Kamma Rys by. Skep uit in 'n gesmeerde oondvaste bak, sprinkel die parmesaan bo-oor en bak vir ongeveer 20 minute tot deurwarm. Bedien warm.
10 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.2g