Ons het dikwels oorskiet vleis (soos na 'n braai) wat ons nie weet wat om mee te maak nie. Hierdie reep is perfek daarvoor. (Of nog beter - braai ekstra hoender en varkwors oor die naweek om hierdie gereg te maak op 'n Maandag.)
500 g gaar hoender
500 g gaar vark wors
300 g blomkool
30 ml olie
50 g seldery, fyn gekap
50 g uie, fyn gekap
250 g sampioene, opgekerf
250 g roomkaas
250 g cheddar, gerasper
sout en peper na smaak
paprika na smaak
Sny die gaar hoender en wors in klein stukkies op en gooi in 'n mengbak. Stoom intussen die blomkool tot net sag. Verhit die olie en braai die seldery, ui en sampioene in die olie tot dit gaar en sag is. Voeg dit by die hoender en wors. Roer die roomkaas hierby in. Sny die blomkool in kleiner stukkies en roer dit versigtig by. Geur na smaak met sout en peper. Skep die mengsel uit in 'n gesmeerde oondbak en sprinkel die kaas bo-oor. Sprinkel bietjie paprika bo-oor. Bak in die oond teen 180°C vir ongeveer 40 minute tot deurwarm en die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.
8 Porsies* Per Porsie * Net Carbs 3.7g