Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

OOSTERSE KOOLGEREG (met Spek)

By ©️ Leanda C. Retief
OOSTERSE KOOLGEREG (met Spek) picture

300 g kopkool
100 g uie, gekap
100 g spek, fyn gekap
30 ml olie
200 g sampioene
3 knoffelhuisies, fyngemaak
60 ml soja sous
30 ml bruin asyn/suurlemoen sap
45 ml (sesam) olie
30 ml xylitol, of versoeter na smaak
10 ml suurlemoen peper

Braai die ui en spek in die olie tot sag. Voeg die sampioene en knoffel by en braai tot dit net begin sag word. Skep uit en laat eenkant. Gooi die kool in die pan en braai tot dit sag is. (As ek haastig is, gooi ek bietjie water in die pan, sit die deksel op en stoom dit tot dit sag is.) Meng die soja sous, asyn, olie, versoeter en suurlemoen peper saam. Skep die sampioene terug by die kool en gooi die sous oor. Meng goed deur, maak deurwarm en geur na smaak. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.1g

💕 Leanda se LowCarb Wenk:
Vir 'n vegetariese weergawe, kan jy net die spek uitlos.
Vir 'n volledige "Oosterse ete", kan jy gebraaide steak-repies byvoeg. Dis heerlik!

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp