Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

OOSTERSE MURGPAMPOENTJIESLAAI

By Leanda Retief
OOSTERSE MURGPAMPOENTJIESLAAI picture

Die sesam olie in hierdie slaai is dra by tot die geur en smaak van die slaai - indien jy nie sesam olie het nie, kan jy dit met enige ander olie vervang.

500 g murgpampoentjies
2,5 ml sout
150 g rooi kool, dun gekerf
30 g wortel, gerasper
50 g rooi soetrissie, gekap
100 g uie, gekap

Slaaisous:
80 ml rys asyn
30 ml olie
7,5 ml sesam olie
1 knoffelhuisie, fyngemaak
knippie rooipeper
sout en xylitol/erythritol na smaak

Sny die murgpampoentjies met 'n "spiral slicer" en plaas dit in 'n vergiettes, sprinkel sout oor en laat staan sodat die water uit die murgpampoentjies kan dreineer. Plaas die murgpampoentjies in 'n groot mengbak. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur.

Slaaisous: Klits die asyn, olie en sesam olie, knoffelhuisie en rooipeper saam. Geur na smaak met sout en kunsmatige versoeter. Gooi die sous oor die slaai en meng deur. Verkoel voor opdiening.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp