Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

OOSTERSE VARKTJOPS

By Leanda Retief
OOSTERSE VARKTJOPS picture

90 ml soja sous
15 ml braaivleis speserye
5 ml peper
10 ml sesam olie
10 ml lemmetjiesap
6 knoffelhuisies, fyngemaak
6 vark tjops (+/-100g elk)

Meng die soja sous, speserye, peper, olie, sap en knoffel saam in 'n ziploc-sakkie. Plaas die tjops daarin en bedek die vark met die marinade. Laat vir 15 minute marineer in die yskas. Braai die tjops oor medium hitte tot gaar - verf gereeld met die marinade.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.3g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp