Die mooi van hierdie slaai is dat al die slaaibestanddele in klein blokkies opgekap moet word en dan deurgemeng word sodat die kleure kan meng. Dit lyk baie mooi in 'n glas slaaibak.
200 g gaar hoender
200 g blaarslaai
50 g tamaties
50 g groen soetrissie
50 g geel soetrissie
50 g dill agurkies
50 g blou kaas, fyngemaak
50 g feta
100 g avokado
50 g streepspek
Sny die hoender, blaarslaai, tamatie, soetrissie, gherkins, feta en avokado in klein blokkies en plaas in 'n glasbak. Maak die spek gaar en gooi dit by die slaai. Krummel die blou kaas en gooi dit ook by. Klam aan met slaaisous van jou keuse - ek beveel aan iets soos 'n vinaigrette.
9 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.2g