Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

PAMPOEN MET MOSTERD-KRUIE BOTTER

By Leanda Retief
PAMPOEN MET MOSTERD-KRUIE BOTTER picture

500 g pampoen
30 ml olie
sout en swart peper na smaak
30 g ongesoute botter
30 ml Dijon mosterd
15 ml vars pietersielie, fyn gekap

Sny die pampoen in blokkies. Gooi die pampoen, olie, sout en peper in ‘n mengbak en meng dit goed deur. Voer die mandjie vir die airfryer met bakpapier uit en pak die pampoen in ‘n enkellaag op die mandjie. Airfry teen 180˚C vir 15 minute, roer die pampoen om en spuit met ‘n bietjie olie en airfry vir ‘n verdere 10-15 minute of tot die pampoen gaar is. Smelt intussen die botter in ‘n braaipan en voeg die mosterd en pietersielie by. Verwyder die pampoen uit die airfryer, gooi die botter boo-oor en bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 5.1g

💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep: 
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp