Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

PAMPOENKOEK MET ROOMKAAS VERSIERSEL

By Leanda Retief
PAMPOENKOEK MET ROOMKAAS VERSIERSEL picture

Nog 'n uitstekende plan met oorskiet-pampoen! Die koek is heerlik klam (as gevolg van die pampoen) en herrinner sterk aan wortelkoek, behalwe natuurlik dat dit baie minder koolhidrate bevat!

200 g botter
12 eiers
10 ml vanilla geursel
225 g xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
225 g gaar, fyngemaakte pampoen
10 ml fyn kaneel
2,5 ml gemengde speserye (allspice)
2,5 ml fyn neutmuskaat
2,5 ml fyn gemmer
2,5 ml sout
5 ml bakpoeier
100 g klapper meel
250 ml volroom melk

Smelt die botter in 'n klein kastrolletjie (of in die mikrogolf oond) en laat eenkant staan. Spuit 'n vierkantige glasbak met kleefwerende middel. Voorverhit die oond tot 200°C. Klits die eiers in 'n mengbak en voeg die vanilla, versoeter, pampoen, speserye, sout en bakpoeier by. Klits tot goed gemeng. Voeg nou die klapper meel en melk by en klits tot die mengsel glad is. Gooi die beslag uit in die voorbereide bak en bak vir 30-40 minute tot gaar (of tot 'n toetspen skoon uit die middel van die koek kom). Laat die koek afkoel, en versier dit met die volgende Roomkaas Versiersel:

ROOMKAAS VERSIERSEL
250 g room kaas
120 g xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
10 ml vanilla geursel

Klits die room kaas in 'n mengbak tot glad en romerig. Plaas die versoeter in 'n versapper en verwerk tot 'n fyn poeier. Voeg die versoeter en vanilla by die room kaas en klits goed saam tot glad. Smeer dit oor die afgekoelde koek. (Sprinkel fyngekapte pekanneute bo-oor indien verkies).
20 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.8g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp