Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

PARMESAAN MURGPAMPOENTJIES

By Leanda Retief
PARMESAAN MURGPAMPOENTJIES picture

250 g murgpampoentjies, in kwarte gesny
50 g parmessaan, fyngerasper
2,5 ml droë tiemie
2,5 ml droë origanum
2,5 ml droë basiliekruid
1 ml knoffel poeier
sout en swartgemaalde swart peper na smaak
30 ml olyf olie

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit 'n draadrakkie met kleefwerende middel en plaas op 'n bakplaat. Meng die parmessaan, tiemie, origanum, basiliekruid, knoffel, sout en peper saam. Pak die repies murgpampoentjies op die draadrakkie uit. Sprinkel die olie bo-oor en dan die parmesaanmengsel. Bak vir ongeveer 15 minute tot gaar en sag. Plaas onder die rooster element van die oond vir 2-3 minute, tot dit begin bros raak. Bedien warm.
6 Porsies * Per Porsie * 311kJ * Net Carbs 1.0g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp