115 g botter, in blokkies gesny
120 g amandel meel
35 g klapper meel
180 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
10 ml ongegeurde gelatien
5 ml vanilla geursel
125 g pekanneute
Voorverhit die oond tot 180°C. Voer 'n bakplaat met bakpapier uit. Meng die botter, amandel meel, klappermeel, 2/3 van die versoeter (120ml), gelatien en vanilla geursel in die bak van 'n voedselverwerker. Pols tot dit krummels vorm. Voeg die pekanneute by en pols tot dit fyn gekap is en 'n deegbal vorm. Verdeel die deeg in 16 stukke. Rol bolletjies uit die deeg, druk plat en druk albei kante in die die oorblywende 1/3 versoeter (60ml). Pak 'n entjie van mekaar op die bakplaat. Bak vir 15-20 minute tot goudbruin en gaar. Laat vir 'n paar minute op die bakplaat afkoel, en pak dan op 'n draadrakkie om heeltemal af te koel. Stoor in 'n lugdigte houer.
16 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 1.2g
💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79