Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

PEPER-BEES SOSATIES

By Leanda Retief
PEPER-BEES SOSATIES picture

1 kg biefstuk
125 ml droë rooi wyn
30 ml olie
5 ml sout
60 ml varsgemaalde swartpeper
100 g uie, gerasper
5 ml droë tiemie
5 ml droë roosmaryn

Sny die biefstuk in blokkies en plaas in 'n glasbak. Meng die wyn, olie, sout uie, tiemie en roosmaryn saam. Gooi dit oor die vleis en marineer vir 2 ure. Ryg die vleis op 6 sosatiestokkies. Sprei die peper in 'n bord uit. Rol die sosaties in die peper. Braai oor medium kole tot die vleis gaar is.

Wenk: Dié tjops werk ook goed in die lugbraaier/airfryer. Braai teen 180°C vir ongeveer 15 minute, of tot die sosaties gaar is - draai gereeld om.
6 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.6g

Sluit aan by ons Gratis Whatsapp-Groepie:
https://chat.whatsapp.com/LQ7K6kFlB2zGL5QnKR5uUx

 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp