Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

PEPER BIEFSTUK

By ©️ Leanda C. Retief
PEPER BIEFSTUK picture

60 g heel peper korrels
4 stukke biefstuk, 150 g elk
45 ml olie
15 g botter
30 g uie, fyn gekap
125 ml hoender aftreksel
125 ml room

Kap die peperkorrels effens fyner met 'n vleishamer. Druk die peperkorrels aan albei kante van die biefstuk vas. Verhit die olie in 'n braaipan tot baie warm. Braai die biefstuk in die warm olie tot gaar na jou smaak - ongeveer 3 minute aan elke kant vir medium. Verwyder die biefstuk uit die pan en hou eenkant warm. Smelt die botter in dieselfde pan, voeg die uie by en braai tot sag en goudbruin. Voeg die aftreksel by en prut oor lae hitte vir 5 minute. Roer die room by en prut vir 1 minuut. Gooi die sous oor die biefstuk en bedien dadelik.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.7g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp