Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

PESTO-en-SPEK HOENDERBORSIES

By ©️ Leanda C. Retief
PESTO-en-SPEK HOENDERBORSIES picture

8 hoenderborsies, ontbeen en velloos
8 repies streepspek
60 ml Tuisgemaakte LowCarb Pesto

TUISGEMAAKTE LOWCARB PESTO
45 g vars basiliekruid blare, gewas en drooggemaak
1 knoffelhuisie, fyngemaak
15 ml dennepitte/pine nuts
15 ml parmessaan, gerasper
75 ml olyf olie
knippie sout
Maak die basiiekruid, knoffel en neute fyn in 'n "mortar & pestle" - verwerk tot romerig en voeg die olyf olie geleidelik by. Meng die kaas hierby in. Geur na smaak met sout. Bêre in 'n flessie in die yskas vir tot twee weke, of vries dit in individuele porsies. (As die olyfolie van die pesto skei, roer dit net weer deur voor opdiening.)

Berei die Hoenderborsies: Gebruik 'n koekroller en kap die hoenderborsies totdat hulle in oppervlakte verdubbel. Smeer elkeen met sout, peper en pesto na smaak. Sprinkel die cheddar bo-oor. Rol op, draai 'n repie spek om elke borsie en steek met 'n tandestokkie vas. Verhit olie in 'n braaipan en braai vir 10-15 minute tot mooi bruin en deurgaar.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.9g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp