Dit is baie maklik om pesto self by die huis te maak. Hierdie is 'n baie lekker en eenvoudige reseppie. Maak die pesto in 'n "mortar & pestle" of as jy nie een het nie, kan jy dit in 'n voedselverwerker fyn kap. Oorskiet pesto kan in die yskas bewaar word, maar as jy bekommerd is dat jy dit nie so gereeld gaan gebruik nie, kan jy dit in ysbakkies uitskep en vries - ontvries dit dan soos nodig. Pesto is heerlik oor slaaie, vis, vleis, pizza en ook om op 'n LowCarb toebroodjie te smeer. (Let wel die voedingsanalise is vir die hele resep.)
45 g vars basieliekruid blare, gewas en drooggemaak
1 knoffelhuisie, fyngemaak
15 ml dennepitte (pine nuts)
15 ml parmessaan, gerasper
75 ml olyf olie
knippie sout
Maak die basieliekruid, knoffel en neute fyn in 'n "mortar & pestle" - verwerk tot romerig en voeg die olyf olie geleidelik by. Meng die kaas hierby in. Geur na smaak met sout. Bêre in 'n flessie in die yskas vir tot twee weke, of vries dit in individuele porsies. (As die olyfolie van die pesto skei, roer dit net weer deur voor opdiening.)
Hele Resep 140g * Net Carbs 1.6g