Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

PESTO MET SPINASIE EN OKKERNEUTE

By Leanda Retief
PESTO MET SPINASIE EN OKKERNEUTE picture

Pesto is baie veelsydig - en om jou eie te maak, beteken jy kan slegs die beste en gesondste bestanddele daarin gooi. Die positiewe ding is, maak eenkeer lekker baie pesto, en vries dit in ysbakkies vir latere gebruik - dit vries uitstekend!

450 g baba spinasie-blare
3 knoffelhuisies
100 g parmessaan, gerasper
60 g okkerneute
5 ml suurlemoen  sap
60 ml olyf   olie
sout en peper na smaak

Plaas al die bestanddele in die bak van 'n voedselverwerker en pols tot alles fyn gekap en romerig is. 
Bêre in 'n fles in die yskas vir tot twee weke of vries vir latere gebruik.
Hele Resep lewer 650g *  Net Carbs 14g
Per 15 ml porsie * Net Carbs 0.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp