'n LowCarb Kombuis-tweak van ‘n baie ou bekende resep. Bedien dit oor Kamma Rys, Tagliatelli of Kamma Kapok Aartappels. Dit is ook heerlik oor gebraaide steak vir ‘n volledige maaltyd!
500 g eiervrug, geskil en in klein blokkies gesny
500 g murgpampoentjies, in blokkies gesny
60 ml olyf olie
500 g uie, in dun ringetjies gesny
100 g groen soetrissie, in dun repies gesny
100 g geel soetrissie, in dun repies gesny
100 g rooi soetrissie, in dun repies gesny
400g-blik heel tamaties, fyngemaak met die sous
30 ml droë Italiaanse speserye
200 g olywe, gekap
sout en varsgemaalde peper na smaak
Plaas die eiervrug en murgpampoentjies op ‘n gesmeerde bakplaat en sprinkel met 30 ml olie. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 200ºC vir 30 minute tot die eiervrug en murgpamoentjies sag is. Verhit intussen 30ml olie in ‘n groot kastrol en braai die uie tot sag en goudbruin. Voeg die soetrissies by en braai tot die soetrissies sag is. Voeg die tamaties, Italiaanse speserye en olywe by. Prut vir 30 minute. Skep die eiervrug en soetrissies by die tamatiemengsel en prut vir 'n verdere 20 minute. Geur na smaak met sout en peper. Bedien warm.
10 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 8.8g