Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

RETHA SE STOKVIS-GEREG

By ©️ Leanda C. Retief
RETHA SE STOKVIS-GEREG picture

Hierdie was een van die gunsteling geregte wat my ma gemaak het toe ons grootgeword het - ek het dit getweak vir LowCarb en dit is net so lekker!

750 g stokvis medallions
vis speserye, sout en peper na smaak
250 g sampioene, in dun skyfies gesny
250 ml room
100 g cheddar, gerasper

Plaas die stokvis in 'n gesmeerde oondvaste bak. Geur met vis speserye, sout en peper na smaak. Gooi die sampioene bo-oor, dan die room en sprinkel die kaas bo-oor. Bak vir ongeveer 30 minute tot die vis gaar is en maklik vlok. Bedien warm.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.7g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp