Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

RISSIE HOENDER

By Leanda Retief
RISSIE HOENDER picture

30 ml olie
2,5 ml rooi peper
2,5 ml rissie poeier
2,5 ml uie poeier
2,5 ml knoffel poeier
knippie fyn kaneel
200 g hoender borsies, in blokkies gesny
125 ml klapper melk
30 ml tamatie pasta

Verhit die olie in 'n braaipan. Voeg die rooi peper, rissie, uie, knoffel en kaneel by en verhit. Voeg nou die hoender by en braai tot die hoender gaar is. Gooi die klapper melk en tamatie pasta by en roer tot goed gemeng. Verlaag die hitte en laat saggies prut tot die sous verdik. Bedien warm.
2 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp