Glo dit of julle wil of nie, maar hierdie sop was 'n groot gunsteling in my huis nog lank voor ek begin LowCarb het en besef het dat blomkool die perfekte plaasvervanger vir aartappel en/of rys is! Hierdie sop herrinner sterk aan aartappelsop, maar die blomkool maak dit baie laag in koolhidrate en heeltemal toelaatbaar!
125 g streep spek, fyn gekap
75 g uie, fyn gekap
1 seldery stingel, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
300 g blomkool, fyngekap
750 ml hoender aftreksel
250 ml room
paar druppels Tabasco, opsioneel
100 g cheddar, gerasper
ekstra 100g cheddar, gerasper (vir opdiening)
varsgekapte pietersielie, vir opdiening
Braai die spek in 'n bietjie olie in 'n groot kastrol tot gaar en bros. Skep dit met 'n gaatjieslepel uit en hou eenkant. Gooi die ui en seldery in die vet en braai tot die ui deurskynend is. Gooi die knoffel by en die blomkool. Gooi genoeg aftreksel by die die groente te bedek en kook liggies tot die blomkool gaar is. Gooi nog ekstra aftreksel by indien dit te droog kook. Verpulp die sop tot glad en fyn. Gooi die room by. (Jy kan nog aftreksel bygooi tot dit die dikte is wat jy verkies.) Roer die 100g cheddar by, geur na smaak met sout en peper. Skep die sop uit in bakkies (of in 'n groot opdienskottel), sprinkel die oorblywende 100g cheddar, spek en pietersielie oor voor opdiening.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.8g