1 liter hoender aftreksel
700 g pampoen, in blokkies gesny
100 g ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
4 takkies vars tiemie
2,5 ml droë origanum
300 g hoenderborsies, gaargemaak
15 ml droë pietiersielie
varsgerasperde swart peper
250 ml room
Plaas die hoender aftreksel in 'n kastrol en bring tot kookpunt. Voeg die pampoen, uie, knoffel, tiemie en origanum by. Kook vir ongeveer 10 minute tot die pampoen gaar en sag is. Verwyder van hitte en laat vir ongeveer 5 minute afkoel. Sny die hoender in klein stukkies. Voeg dit saam met die pietersielie, peper en room by die pampoen. Verpulp tot glad. Bedien warm.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.4g