Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

ROMERIGE SKELVISGEBAK

By ©️ Leanda C. Retief
ROMERIGE SKELVISGEBAK picture

500 g skelvis
30 g botter
250 g sampioene, in skyfies gesny
250 ml room
50 g cheddar kaas, gerasper

As jy gevriesde skelvis gebruik, pak dit in ‘n gesmeerde oondvaste bak en mikrogolf op hoog vir so 5 minute tot die vis effens kan vlok. Braai die sampioene in die botter en versprei oor die vis. Geur na smaak. Gooi die room oor die vis en sprinkel dan die kaas bo-oor. Sprinkel bietjie droë pietersielie bo-oor. Bak teen 180°C vir ongeveer 40 minute.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp